Friday, June 13, 2008

Finesse Meisie Nuus



Ek het 'n email gekry van Finesse Meisie se nuwe redakteur. Hier is haar boodskap:

"Hello Julle,
Dit gaan woes hierso by die Finesse Meisie kantore en ons is amper klaar met ons vierde uitgawe van ons amazing tydskrif. Dit is vir my 'n groot eer om as redaktrise van die tydskrif op te tree en ook om so baie van julle te kan he wat vir ons wil skryf. Ek is jammer as ek nog nie in kontak getree het met baie van julle nie, maar 'n tydskrif het ook net soveel artikels en dit is nie dat ek die beste mense kies daarvoor nie, ek trek maar sommer so name uit 'n hoed! Ons is in n baie opgewonde gedeelte van die tydskrif se lewe en ons sien 'n baie groot toekoms vir die tyskrif en daarom kontak ek julle om net weereens te bevestig dat julle almal vuur en vlam is om vir ons te skryf sodat ons Finesse Meisie met die beste inhoud kan voorsien om die beste tiener tydskrif te kan wees in die land.
So sien hierdie maar net as 'n kort meningsopname om net weereens vir ons te bevestig dat julle op die lang duur en dalk meer vir ons hier by Finesse Meisie sal moet uithelp.

Indien julle wel sou belangstel. Stuur net 'n epos terug na hierdie adres voor Maandag 9 Junie 2008.

Finesse Meisie Groete
Luane
L.Grobbelaar
Redakteur / Editor - Finesse Meisie"


Ek het toe my CV gestuur. So hou duimvas dat hulle my op hul lys sal sit, nes soos met VISION tydskrif!!!

Vicki

No comments: