Wednesday, June 30, 2010

Kwêla: TV Verskyning



Ek het vanaand op Kwela verskyn vir die eerste keer. Hulle het alle materiaal - onderhoud met my, my ouers, video, koerant en tydskrift materiaal, ens - uitgesaai vir 'n volle 10 minute.

Dit was baie goed gewees - het alreeds 'n paar eposse ontvang van die kykers, asook 'n hele paar Friend Requests (30, om spesifiek te wees) gekry op Facebook :-)

Ek bid en vertrou dat die regte mense dit gekyk het - mense wat my kan help om voorentoe te beweeg. Ek glo ook dat baie mense se lewens is vanaand aangeraak.

Vicki

No comments: