Tuesday, June 29, 2010

Kwêla Update: 30ste Junie 2010 Episode



Kwela het die volgende inligting op hul website gesit:

Hierdie week op Kwêla

Kwêla Rapport Dorp van die Jaar – Graaff-Reinet kraai koning in die Oos-Kaap
Graaff-Reinet het Jeffreysbaai en Patensie uitgestof in die Oos-Kaap. Pieter het 'n draai in dié dorp gaan maak om te sien waarom dit as die wenner uit die stryd getree het. Kontak gerus vir Chantelle Marais by info@camdeboocottages.co.za vir meer inligting oor Graaff-Reinet.

Nataniël kuier in die ateljee
Die talentvolle Nataniël is rubriekskrywer, kok, storieverteller, winkeleienaar, skrywer, verhoog-kunstenaar, sanger en kampvegter vir kinderregte. Hy was die afgelope drie jaar onder meer te sien in Men Who Fly, Coronation en Cathedral, en nou is ‘n keur van musiek uit dié verhoogproduksies beskikbaar op sy nuwe CD, OH. Nataniël kom gesels met Coenie.

Mej Dowe Suid-Afrika oppad na Las Vegas
Vir Vicki Fourie is dit ‘n voorreg om ‘n rolmodel te kan wees en met Dowes oor hul probleme te kan praat. Vandat sy in 2009 as Mej. Dowe Suid-Afrika aangewys is, bestaan haar lewe uit motiverings-praatjies, liefdadigheidswerk en voorbereiding vir die Mej. Dowe Internasionaal-kompetisie in Julie. Rozanne het Vicki kort voor haar vertrek na Las Vegas ontmoet.

Skop, Skiet en Donner saam met VCK
Met hulle derde album Skop, Skiet en Donner neem Van Coke Kartel ‘n kreatiewe sprong van hulle vorige werk en sorg vir ‘n hele paar verrassings. Lise het die manne van die Kartel in die Kaap raakgeloop.

Splinternuwe Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Pharos se negende Verklarende Afrikaanse Woordeboek het pas die lig gesien – met ‘n hele spul nuwighede. Lise het ‘n woordryke dag saam met die uitgewer deurgebring.


Hier is die link: http://www.pietercilliers.co.za/kwela.html

Moenie dit misloop nie! Dit gaan more aand om 20h00 uitgesaai word op kykNEt.

Vicki

No comments: