Saturday, June 19, 2010

Moulin Rouge! (Fundraising For Yade Caring Action): Invitation Declined



Lianda Hurt, tans die Mev. Bloemfontein, het hierdie uitnodiging gestuur:

Hi daar, hier is jou persoonlike uitnodiging na die Moulin Rouge Black Tie Cigar Event - 16 Julie te Tuscan Rose. Moet nie hierdie hoogtepunt op Bloemfontein se sosiale kalender misloop nie. Tango dansers gaan sorg vir ekstra vermaak en passies kan saam ingeoefen word.“Can Can girls” gaan sorg dat die kele nie droog word nie en die lywe op die dansbaan bly. Tuscan Rose saam met die bekende Mev Klopper gaan ons bederf met ‘n 3 gang ete in egte franse styl. Elke gas ontvang ‘n geskenk en gratis tafelwyn is ook ingesluit. Die heerlike geur van Coq au Vin (Hoender in wynsous), Ossobucco (Bees verrassing) en duur sigare saam met die strelende klanke van Frank Senatra (live) gaan jou sintuie bederf. Mail jou vriende, koop ‘n tafel, trek weer daardie seksie nommertjie aan, geniet vir manlief in sy “Black Tie” en kom Moulin Rouge ten bate van Yade – Uitreik Aksie vir Bejaardes en Gestremdes http://yade.co.za.

Groete Lianda Hurter
lianda@hurterbrokers.co.za


Ek sal dit ongelukkig nie kan bywoon nie weens die feit dat ek dan alreeds in Las Vegas gaan wees wanneer hierdie funksie plaasvind. As jy belangstel om haar te ondersteun, kontak haar gerus. Kaartjies is R250 pp, en dit gaan 'n belewenis wees!

Vicki

No comments: