Wednesday, June 30, 2010

LIGnet Onderhoud met Vicki Fourie



Francine van Niekerk het 'n onderhoud met my gevoer op LIGnet.co.za (ek is ook een van hul skrywers). Om die onderhoud te lees, copy die volgende link en paste dit in jou search bar:

http://www.lignet.co.za/index.asp?bodyType=storie&storie_type=a&storie_id=334&kategorie_id=12

Hier is 'n stukkie van die onderhoud:

Vicki Fourie, mej Dowe Suid-Afrika, vertrek op 11 Julie na Las Vegas om aan die Mej Dowe Internasionaal kompetisie te gaan deelneem. Sy het 'n groot taak wat op haar wag, maar dit klink asof mooi wees (van binne en buite) vir haar soos 'n handskoen pas.

Is dit die eerste maal dat jy internasionaal gaan deelneem?
Dit is die eerste keer dat ek oorsee gaan vir ‘n skoonheidskompetisie. Ek sien baie uit daarna – ek gaan my bes doen om dit net te geniet! Ek was al voorheen in Amerika (New York, Washingtong DC, Virginia en Florida). Die land is groot en die mense daar dink nog groter!

Hoe lyk 'n tipiese dag tydens so 'n kompetisie? Wat maak julle als en is daar darem tyd om plekke te besoek? (Is dit regtig soos in Miss Congeniality?)
‘n Tipiese dag is een waar jou voete skiet van die pyn – jy moet die heeltyd hoë hakke dra. Darem het ek nog nooit geval met my hakke nie (soos in Miss Congeniality). Ons gaan definitief sight seeing doen in Vegas – ons gaan selfs ‘n basketbalwedstryd kyk...!


Lekker lees!

No comments: