Thursday, June 17, 2010

Matric etc. 2010: Tydskrif Skryfgeleentheid

Nella van Heerden het my gekontak per epos:

Ek wonder of jy sal belang stel om vir ons ‘n artikel te skryf vir ‘n tydskrif waaraan ons tans werk?
Ek dui graag die riglyne waaroor die tydskrif gaan, puntsgewys vir jou aan.

1. Die tydskrif se naam gaan heet Matric etc 2010.
2. Die teikenmark is die senior leerders van die hoërskole in en om Bloemfontein.
3. Die inhoud sal wissel van modes, salonne, juwele, kursusse ensovoorts.
4. Dit sal in A4 grootte en op glans papier druk gedoen word.
5. Die tydskrif gaan gratis versprei word by 23 hoërskole met sowat 4300 matriek leerders.
6. Ons gaan 5,000 eksemplare van hierdie tydskrif druk.

Ek dink jy het ‘n goeie boodskap om met die jongmense te deel.
My versoek aan jou is om asseblief ‘n motiveringsboodskap vir die jeug te skryf. Ek sal dit graag voor saam met my redakteursbrief wil plaas.
‘n A4 blad is hiervoor gereserveer en ‘n foto van jou (met jou kroning & band) sal baie goed daarby kan inpas. Die spêrdatum vir die artikel is die 23ste Junie 2010.


Natuurlik het ek ja gese! Dit is 'n wonderlike geleentheid om uit te reik na die studente van Bloemfontein. Ek is baie opgewonde oor hierdie geleentheid.

Ek het selfs aangebied om die span te help die tydskrifte te versprei, aangesien ek gereeld by skole optree as motiverende spreekster. Ek dink dit sal goed hand-in-hand werk. Sal julle laat weet sodra iets besluit is rondom hierdie voorstel.

Vicki

No comments: