Thursday, July 8, 2010

Finesse Se Blog Geleentheid: Update



Ek het mooi gedink oor die geleentheid om 'n blog te he op Finesse se website terwyl ek in Las Vegas is, en hier is die terugvoer wat ek vir Finesse gegee het:

Die program vir Las Vegas is propvol en hectic, en ek kan sien dat ek nie eintlik tyd gaan kry om iets te skryf nie. Ek het nog nooit in ‘n oorsese skoonheidskompetisie deelgeneem nie, so ek weet nie heeltemal wat om te verwag nie.

Ek het ook alreeds besluit om nie my laptop saam te vat nie sodat my volle aandag op die kompetisie gefokus kan wees. Wat ek wel gaan doen, is dat ek gaan notas maak deur die dag, en wanneer ek terugkom, gaan ek ‘n volle report skryf. Sal julle dalk iets uit daardie report wil plaas in Finesse?


Hou duimvas dat hulle wel sal belangstel om iets te plaas in die tydskrif wanneer ek terugkom...

Vicki

No comments: