Friday, July 30, 2010

Laerskool A.G. Visser: Gasspreker Uitnodiging



Ek het die volgende pragtige epos ontvang:

Ek is 'n onderwyseres by Laerskool A.G. Visser in Heidelberg (Gauteng). Ek het 'n passie vir kinders en onderwys en het die jaar begin om 'n Lewensvaardigheisprogram vir ons kinders te ontwikkel. Ons het verlede kwartaal Respek in detail hanteer.
Die kwartaal behandel ons Verantwoordelikheid (Verantwoordelikheid teenoor Jesus, jou ouers, jou skool, die omgewing en jouself).

Kinders lewe vandag onder soveel druk en negatiewe invloede van buite. Kinders glo nie meer in hulself nie. My tema met verantwoordelikheid teenoor jouself is om trots te wees op jouself en Al jou talente te gebruik - al is jy nie altyd 'n wenner nie.
Jy het al jou talente gebruik EN is 'n wenner.

Ek voel dat jy soveel sal kan beteken vir ons kinders as jy dalk met hulle kan kom praat en hulle kan sien dat jy, ten spyte van jou doofheid, deur middel van wilskrag die hoogste sport kan bereik.

Jy is spesiaal.


Sal julle laat weet of so iets moontlik gemaak sal word...!

Vicki

No comments: