Friday, July 9, 2010

LIG: Artikel Moontlikheid in jongLIG se 'Net Vir 10'ers'



Ek het vanmiddig vir Conette le Roux ontmoet - sy is 'n vryskuutskrywer en sy het bygesit toe ek met Johnny le Roux gesels het oor 'n moontlikheid dat my boek by Naledie Boeke/Books gepubliseer kan word.

Sy skryf ook vir LIG tydskrif se jongLIG afdeling, en sy wil graag 'n artikel plaas in die 'Net vir 10'ers' se afdeling. Dit sal wonderlik wees - hou gerus my blog dop vir meer nuus.

Ek het al voorheen as skrywer verskyn in die LIG. Die eerste keer was toe my artikel 'Die Wereld Is Jou Speelplek' - ook in die 'Net vir 10'ers' verskyn het (DESEMBER 2008/JANUARIE 2009), en die tweede keer was toe 'n stukkie van een van my artikels vir LIG se tienerwebwerf, www.LIGnet.co.za, verskyn het in 'n advertensie vir LIGnet.co.za.

Vicki

No comments: