Wednesday, July 28, 2010

LIGnet: Waterkaskenades



My nuutse artikel vir LIGnet is oppie web! Gaan na www.LIGnet.co.za toe. Kliek op Artikels - onder Aktuele Sake is Waterkaskenades.

Of copy die volgende link en paste dit in jou search bar:

http://lignet.co.za/index.asp?bodyType=storie&storie_type=a&storie_id=346&kategorie_id=13

Hier is 'n stukkie van die artikel:

“Juffrou, kan ek asseblief toilet toe gaan?” vra die Gr 10 skoolkind versigtig.
“Al wéér?” sê sy heelwat verbaas.
“Dit is nogal dringend...”

Daardie blondekop meisiekind was ek, ses jaar gelede. En presies ses jaar later gaan ek nogsteeds kort-kort toilet toe vir dieselfde rede: ek drink baie water. Sommer emmers en emmers vol. Helder, skoon, vars water... (Nee wat, ek drink darem nie só baie nie! Ek sou al lankal verdrink het.)

Tog is dit my top prioriteit om soveel water as moontlik te drink. Elke liewe dag. Ek glo met my hele hart dat water is die blinkste, slimste skoonheidswenk wat ek ooit met iemand kan deel. Dít, en ‘n mooi glimlaggie is ‘n goeie teken van ‘n gesonde selfbeeld...


Vicki

No comments: