Friday, July 30, 2010

Universiteit van die Vrystaat se Vergeet-My-Nie Koshuis: Ma & Dogter Gasspreker Geleentheid



Die HK Sosiaal van Huis Vergeet-My-Nie van die Universiteit van die Vrystaat het my gekontak terwyl ek in Las Vegas was. Sy is besig om hul spog Ma-en-Dogter naweek vir 2010 te reël. Dus het sy dadelik aan my gedink. Sy was ook die 2009 Joolkoningin van die Universiteit. Die Ma-en-Dogter naweek gaan die 13de en 14de Augustus plaasvind in Bloemfontein.

Sy wou graag gehad het dat ek moes 'n bietjie kom gesels het en 'n motiveringspraatjie gelewer het, veral vir die jong dames en mamma's.

Omdat ek eers die 24ste teruggekom het, was dit te laat om te bevestig. Ek glo dit sal 'n wonderlike geleentheid wees, al gaan ek nie die gasspreker wees nie.

Vicki

No comments: