Wednesday, August 25, 2010

CWAA Congress (VLV): Bredasdorp Uitnodiging

Ek het die volgende boodskap gekry van Lorraine du Toit, 'n VLV lid in Bredasdorp:

Ek wil graag weet hoe ek met jou in verbinding kan tree oor 'n moontlike optrede by 'n Dames Tee vir die VLV?

Ons is besig om 'n Tee te reël in Bredasdorp op 27 Oktober, maar sal eers moet hoor watter koste daaraan verbonde sal wees, sodat ons die nodige beplanning, ens kan doen. Ek dink jy's wonderlik en wil vir jou dankie sê dat jy ander mense so inspireer! Ek sal graag dat die ander VLV-vriendinne wat nie die voorreg gehad het om na jou te luister nie, ook na jou moet luister en hoop regtig ons kan ietsie uitwerk.


Sal julle laat weet of ons voort gaan gaan met hierdie plan. Ek moet ook eers hoor of ek deur is vir Mej. Suid Afrika se TOP 24, want daardie meisies sal dan einde-Oktober in Sandton moet wees vir die workshop.

Sal julle op hoogtes hou!

Vicki

1 comment:

Lorraine du Toit said...

Hi Vicky, Sien nou jy het die uitnodiging op jou blog gesit... ek sommer nou nuuskierig oor hoe het dit gegaan met die Mej SA-kompetisie en of jy toe deur is na die volgende rondte?

Ek hou intussen nog duim vas dat jy dalk wel ons uitnodiging sal kan aanneem. Laat weet maar so gou jy uitsluitsel het.

Sterkte met al jou baie verpligtinge - jy is werklik amazing!!