Wednesday, August 25, 2010

Finesse & Chilli Lipstiek 2: Bekendstelling



Finesse het my gekontak - hulle wou graag 'n artikel oor my doen i.v.m. Christa Jonker Jordaan se Chilli Lipstiek 2 boek (ek is een van haar drie ware verhale), maar ek moes toe nee sê weens die feit dat 'n ander Afrikaanse tydskrif gevra het dat my storie eerste in hul tydskrif gepubliseer word in hul Desember 2010 uitgawe.

Finesse wou die artikel alreeds gepubliseer het in hul November 2010 uitgawe. Kom ons hou duimvas dat hulle dit tog nogsteeds sal wil doen vir een van hul 2011 uitgawes...!

Chilli Lipstiek 2, geskryf deur Christa Jonker-Jordaan, hanteer 3 verskillende verhale wat gebaseer op die waarheid is. My verhaal is een van daardie 3, en al gaan die ander 2 meisies se name anoniem bly, gaan my regte naam gebruik word. My foto gaan ook op die voorblad van die boek verskyn - ek is baie opgewonde hieroor! Die boek behoort einde September 2010 uit te wees.

Christa Jonker-Jordaan se website: http://www.christajordaan.co.za/

Vicki

No comments: