Monday, August 23, 2010

LIGnet: 'Die Pad Van Potensiaal'



My nuutse artikel is oppie web! Copy die volgende link en paste dit in jou search bar: http://lignet.co.za/index.asp?bodyType=storie&storie_type=a&storie_id=352&kategorie_id=7.

Hier is 'n stukkie van die artikel:

DIE PAD VAN POTENSIAAL
VICKI FOURIE

“Woon jy in ‘n kasteel?” het die meisie gevra. “Is dit pienk – soos jou rokkie?”

“Natuurlik!” het haar maatjie geantwoord. “Sy is mos Barbie!”

Al wat ek kon doen, was glimlag.

Dit was nie altyd so nie. Die Mej Dowe SA van wie jy weet, is een wat gereeld in tydskrifte, koerante en op die radio verskyn. Die Mej Dowe SA wat jy sien, is een wat altyd op haar beste lyk. Die Mej Dowe SA wat jy ken, is een wat nie bang is om voor duisende mense te praat nie.

Dit was nie altyd so nie. Op hoërskool het ek nie geweet wat ek met my lewe wil doen nie. Ek het baie selfbewus gevoel, en my grootste vrees was om voor mense te praat. Ek sou mompel en die mense sou nie verstaan wat ek sê nie.

My grootse droom was om in die biblioteek te werk. My pa het gereël dat ek elke Saterdagoggend daar gaan werk, en ek het gehou van die stilte. Ek kon wegkruip in my eie dop.
My volgende werk was as waitress. Dit was ‘n beter werk, maar ek was nog steeds bang om met mense te kommunikeer.

Eendag roep die bestuurderes my. “Vicki, jy het so baie potensiaal en talente, maar dit is jou eie verantwoordelikheid. Moenie wegkruip nie; wys vir die wêreld wat in jou steek.”

Daardie gesprek het my lewe verander. Ek het myself verloor in die boekerakke en die lawaaierige restaurant, maar daardie dag het ek myself weer gevind.


Vicki

No comments: