Tuesday, August 17, 2010

OFM: 'Mej. Dowe Suid-Afrika soek grootste titel'



Op OFM se website het hulle aangekondig dat 'n onderhoud met my gevoer is - dit gaan Woensdag (18de Augustus 2010) uitgesaai word in twee dele om 12:15 en 13:00.

Hier is die kort berig wat hulle opgesit het:

Bloemfontein - Die Bloemfonteinse skoonheid, mej. Dowe Suid-Afrika, se volgende uitdaging is om te baklei vir die mej. Dowe Wêreld-titel. Die 21-jarige Vicki Fourie, wat vanaf twee-jarige ouderdom slegs drie persent gehoor het, het onlangs teruggekeer van Las Vegas waar sy as tweede prinses gekroon is in die Mej. Dowe Internasionaal-kompetisie. Fourie werk aan haar eerste boek, en tree gereeld by skole as motiveringspreker op. OFM Nuus het met haar gesels. Fourie is as 14-jarige per ongeluk deur 'n vriendin geskiet. Sy sê dit het haar lewe verander.

Lani Louw het die onderhoud met my gevoer. Gaan besoek gerus hul website om die nuus-aankondiging te luister - dit was gister om 1 uur uitgesaai:

http://www.ofm.co.za/news.asp?nid=11214

Vicki

No comments: