Thursday, August 12, 2010

Voorentoe Met Vicki 2010: 'My Kitaar Held'



In die Augustus 2010 uitgawe van Ditsem Vrystaat (SA) is my maandelikse rubriek, Voorentoe Met Vicki. Die artikel se naam is My Kitaar Held.

Hier is 'n stukkie van die artikel - as jy in Bloem woon, maak seker dat jy die uitgawe in die hande kry (dit is verniet)!

MY KITAAR HELD

Hy was oppad om ‘n ster te word. Niks kon hom keer om sy drome te bereik nie! Talle mense het gesê, ‘Hou hom dop; hy gaan nog vêr kom...”

Hy het sy passie geëet, geslaap, en gedrink. Dis al waaroor die lewe gegaan het: hom en sy duur kitaar. En die diep lirieke wat uit sy hart uit geborrel het.

Ja, hy het geweet van God en Sy gebod. Hy het gereeld kerk toe gegaan en hy het elke aand sy gebede opgesê voordat hy sy kop neergesit het.
Hy het selfs ‘n paar liedjies geskryf oor die liefde van God – mense sou snak na hul asem as hulle dit gehoor het. Party sou selfs begin huil. Hy was hulle kitaar held; hulle het opgekyk na hom en hom bewonder.

Een oggend staan hy op, en gaan stort. Soos die meeste mense, begin hy sing. Dadelik kom hy iets agter:

Hy kon nie meer sing nie.

Toe hy sy kitaar optel, weet hy sommer al klaar: iets is groot fout. Sy vingers wou nie meer gehoorsaam nie.

Hy kon nie meer sing of kitaarspeel nie.

Hy gryp ‘n pen en ‘n papier, en wag... Maar daar was niks.

Hy kon nie meer sing, kitaarspeel of lirieke skryf nie.

Dit het alles net... verdwyn. Wat hom jare gevat het om op te bou, het oornag weggeval...


Vicki

No comments: