Thursday, December 30, 2010

SARIE.COM: 'Dowe Mej. SA, Vicki Fourie, wys haar foto's'

Op SARIE.COM, is daar 13 vars nuwe fotos van my as Vicki Fourie - grootword jare, skoonheids-kompetisies en model fotos.

Gaan loer gerus by SARIE.COM vir die fotos. Copy die volgende link en paste dit in jou search bar: http://www.sarie.com/lees/artikels/dowe-mej-sa-vicki-fourie-wys-haar-fotos

Hier is die artikel wat daarby is:

Al kan sy nie hoor nie, sing Mej. Dowe SA elke dag haar eie lied van oorwinning. Kyk maar, Vicki Fourie het groot planne vir die toekoms.

Dapperheid is nie 'n geskenk nie, dit is 'n keuse. Hierdie woorde is haar lewensleuse.

Toe sy in 2009 as Mej. Dowe SA aangewys is, het sy sélf borge gewerf om na Las Vegas te gaan vir Mej. Dowe Internasionaal. En op 23 Julie is sy daar as tweede prinses gekroon.
In die Januarie-uitgawe van SARIE gesels Vicky oor haar toekomsdrome.

"Die sleutel is om jouself te omring van mense wat nog groter droom as jy. Hulle sal jou altyd help op pad boontoe. Ons het almal eintlik 'n sterk oorlewingsinstink en ons kan leer om die beste van ons situasie te maak. Daar is sommige mense wat hulself bejammer, maar dit gaan jou nie ver bring nie.Hou op kla, ons het die geskenk van die lewe en jou gestremdheid is eintlik baie klein in vergelyking daarmee."



PS: Gaan koop die nuutse SARIE uitgawe (Januarie 2011) om die volle artikel te lees!! Dit is nou beskikbaar orals in Suid Afrikaanse winkels.

Die fotos wat op SARIE.COM beskikbaar is:

No comments: