Tuesday, December 7, 2010

Voorentoe Met Vicki: 'Boomhuisies & Werklikhede'



In die Desember 2010/Januarie 2011 uitgawe van Ditsem Vrystaat (BFN), is my rubriek Voorentoe Met Vicki weer gepubliseer. Hierdie keer is dit my artikel 'Boomhuisies & Werklikhede'.

Hier is 'n proeisel van die artikel:

As kind het ek ‘n groot verbeelding gehad. My rakke was vol Enid Blyton en Nancy Drew boeke. Ek het ook baie drome gehad. My grootste droom was om ‘n boomhuis te bou waarin ek en my maaitjies geheime sou vertel en koekies uit koekblikke eet. En net kyk na die sterre in die nag, en droom oor die lewe.

Ek is nou 21, en ek het nooit daardie boomhuis gekry nie. Nou nog, wanneer ek ‘n boomhuis sien, wonder ek by myself, “Hoekom het daardie droom nooit gerealiseer nie?”

Die rede is eintlik baie eenvoudig, maar my kinderlike hart kon dit nooit heeltemal begryp nie:

Ons het te veel getrek.

By elke liewe huis waar ons ingetrek het, sou ek buite loop en al die bome goed bestudeer.
“Pappa, hierdie boom is perfek,” sou ek sê.

“Vir wat?” sou hy vra.

“Om ‘n boomhuis in te bou.”

Dan sou hy my belowe dat as ons vir meer as ‘n jaar in daardie huis bly, sal hy vir my een bou. Maar wanneer die Desember vakansie op die horizone gekom het, was ons al klaar besig om ons tasse in te pak om te waai...


Vicki

No comments: