Wednesday, February 23, 2011

Leef Tydskrif: Moontlike Publikasie


Leef tydskrif (SA) het gereageer op my voorstel dat daar 'n onderhoud met my gedoen word.

Hier is hul antwoord:

Baie baie geluk met jou prestasies – het op jou blog (www.vickifourie.blogspot.com) gaan loer, jy klink voorwaar na ‘n inspirerende mens.

Jy is welkom om vir my ‘n stukkie van 350 woorde te skryf oor die geloofslesse wat jou pad met gehoorgestremdheid jou geleer het. Sou die res van die redaksie dit goedkeur (die span moet eers besluit!) sal ons dit graag oorweeg vir publikasie.


Ek sal beslis die uitdaging vat en die beste daarvan maak!

Vicki

No comments: