Tuesday, February 15, 2011

SARIE: Voorblad Gesig Kompetisie


SARIE tydskrif (SA) het 'n ongelooflike geleentheid geskep vir dames tussen 18 tot 30 om in te skryf vir 'n kans om op die voorblad van die tydskrif te verskyn.

Om self in te skryf, copy en paste die volgende link in jou search bar:

http://www.sarie.com/sarie-voorblad-gesig/skryf-in

Hier is meer info:

Wie van ons het nie al by die tydskrifrak verbygeloop en vasgesteek voor die mooiste voorblad nie? Jy kan daardie gesig wees. Skryf hier in!

Van SA se bekendstes – van Charlize Theron tot Anna-Mart van der Merwe – het al kyk-weer-voorblaaie vir SARIE opgelewer. Moet jy bekend wees of ’n model wees om ’n goeie voorbladgesig te wees? Vir seker nie, daarom gee ons jóú nou die kans om een van SARIE se beste voorblaaie nog te wees. As jy ’n vonkel in die oog het, ’n glimlag wat harte verower en ’n onblusbare lus vir die lewe, is dit dalk net jy.

Skryf nou in: Ons wag!

WAARNA GAAN ONS KYK?

* Daardie aha!-gevoel. Jou gesig moet die praatwerk doen.
* Oë, oë, oë. Jou oë moet léwe - hulle moet sprankel.
* 'n Aanloklike glimlag en mooi tande.
* Jy moet oop, vriendelik, warm en baie gemaklik wees met jouself. 'n Foto verklap als.
* Vroue wil jou beste vriendin wees, mans wil jou uitvra!
* Lewenslus en energie wat INSPIREER.
* Nee, nie beeldskoon nie. Nee, nie noodwendig 'n model nie. Net 'n natuurlike skoonheid. Vir een keer hoef jy nie so slank en lank soos 'n model te wees nie.
* Positief en trots Suid-Afrikaans!

HOE WERK DIE KOMPETISIE?

‘Die beste voorblad is die een wat jou lok om wéér te kyk. Daar’s net ’n magic in die oë ...’ Michélle van Breda, SARIE-redakteur

Jy moet tussen 18 en 30 jaar oud wees en 'n SA of Namibiese burger. Inskrywings (pos en aanlyn) sluit 30 April 2011.

Die beoordelaars sal 30 finaliste aankondig, waarvan 10 elke keer in die volgende SARIE's sal verskyn: JUNIE, JULIE en AUGUSTUS 2011.

Hieruit sal die beoordelaars 10 finaliste kies, wat deur SARIE afgeneem sal word in ware voorblad-styl. Al 10 finaliste sal in die SEPTEMBER-uitgawe van SARIE verskyn.

Daarna sal lesers per SMS asook aanlyn vir hul gunsteling kan stem. Hierdie stemme sal saam met die beoordelaars s'n tel om die wenner aan te wys. Ons nuwe inspirasie-ster sal op die NOVEMBER 2011-voorblad van SARIE verskyn.

Dít kan jy wen!
1ste plek
Jy is ons nuwe voorbladgesig en verskyn op SARIE se November 2011-voorblad!

Pryse ter waarde van R350 000 is op die spel vir die wenner en 2 finaliste
Maak seker jy kry jou April-SARIE vir meer oor die pryse, vanaf 14 Maart op straat


Skryf gerus NOU in! Ek het alreeds...

Vicki

No comments: