Tuesday, February 22, 2011

Sentraal: Jeugberaad Uitnodiging


Begin-verlede jaar het ek 'n uitnodiging gekry om op te tree as gasspreker by Sentraal se jaarlikse Jeugberaad. Ongelukkig kon ek nie in 2010 daar op tree nie, want ek was in Las Vegas vir die Mej. Dowe Internasionaal 2010.

Hulle het vandag weer vir my 'n uitnodiging gestuur, en hierdie keer sal ek beslis kan kom! Ek gaan weer in Julie-maand weg oorsee, maar vanaf die 1ste tot die 11de (vir die Mej. Dowe Wereld, wat in Praag gaan plaasvind).

Hier is meer inligting:

Wanneer? Vrydag, 29ste Julie 2011
Waar? Hoerskool Sentraal, BFN
Hoeveel: 400 leerders van regoor die Vrystaat gaan kom
Hoe lank: Dit gaan vanaf 09:00 tot 13:00 plaasvind


Baie opgewonde oor hierdie geleentheid!
Vicki

No comments: