Wednesday, March 30, 2011

Ditsem Vrystaat se Voorentoe Met Vicki: 'Wenke Vir Tieners'



My Maart 2011 rubriek was gepubliseer in my Ditsem Vrystaat se kolumn, Voorentoe Met Vicki.

Hier is 'n proeiseltjie:

Wenke vir tieners

• Vicki Fourie, Mej. Dowe Suid Afrika 2009/2010

Graag wil ek, te midde van 'n wêreld wat lyk asof dit sy morele remme verloor het, die volgende wenke deel:

• Jou toekoms is nie in die juffrou, baas of sport meneer se hande nie. Jou toekoms is in die Here s'n – bou daarop. Wanneer ek deelneem aan skoonheidskompetisies, moet ek myself gedurig herinner dat my toekoms lê nie in die beoordelaars se hande nie... My toekoms behoort net aan die Here, en net Hy maak die deure oop – of somtyds, toe.

• Die keuses wat jy nou maak as tiener, gaan bepaal waar jy opeindig in die wêreld daarbuite. Glo my as ek dit sê. Op skool het ek kies om nie te rook, vloek of te drink nie. Ek het selfs besluit om nie uit te gaan met enige outjie nie. Ek is nou 21, en ek is nou besig om die vrug te pluk van die keuses wat ek gemaak het op hoërskool. Dit is nie altyd maklik om nee te sê vir 'peer pressure' nie, maar as jy dit regkry, word jy baie sterker in jou binnekant...


Vicki

No comments: