Tuesday, March 15, 2011

President Steyn Skool: Uitnodiging Uitgestel

President Steyn Skool (BFN) wou graag gehad het ek moes Woensdag oggend weereens by hul skool kom optree het, maar weens finansies is dit uitgestel tot die einde van die jaar.

Sal julle laat weet sodra ek weer 'n datum het!

Vicki

2 comments:

Anonymous said...

Ai Vicki, Net soos jy 'n gebrek het, het baie van die kinders by President Steyn ook 'n gebrek: 'n gebrek aan geld. As'n motiverings skrywer, is hierdie comment van jou glad nie obbouend nie. Ek wonder wat sal die kinders se as hulle hoor jy word deur geld geinspireer? En dat 'n uitstel van 'n besoek agv van geld jou so kan ontstel dat jy dit vir die hele wereld wil se deur dit op jou website te skryf en dit nogal daar te los vanaf 15 Maart 2011. Dit laat my wonder oor jou integriteit? Wat is jou dryfkrag rerig in die lewe? Geld? of om rerig 'n verskil te maak?

Van: 'n ouer wat dankbaar is wat President Steyn (met sy min fondse) vir my kinders daar beteken.

VICKI FOURIE said...

Ek het vir 'n lang tyd nie 'n fooi gevra wanneer ek by skole opgetree het nie, maar ek het wel gevra vir 'n donasie. Meeste van die skole het dan vir my niks gegee nie, so ek moes uit my eie sak uit betaal vir petrol kostes, ens. Dit het swaar op my eie geld geval, en in die begin van die jaar het ek besluit om 'n dieselfde bedrag te vra vir alle skole. Ek verstaan hoekom u ontsteld is - dit was nie my bedoeling om u om te krap nie. Dit was 'n keuse wat ek moes gemaak het nadat ek vir 'n lang tyd niks gekry het nie. Moet my asseblief nie oordeel nie, dit is tussen my en God. Respekteer asseblief my besluit. Baie dankie.