Tuesday, April 26, 2011

Voorentoe Met Vicki: 'Om Te Bid' Ingestuur

My nuutse artikel vir my Ditsem Vrystaat se maandelikse rubriek, Voorentoe Met Vicki, is ingestuur! Dit gaan gepubliseer word in die Mei 2011 uitgawe.

Hier is 'n proeiseltjie van die artikel:

“Liewe Jesus, help my asseblief...”

“God, kan ek gou met jou praat..?”

“Here, ek wonder soms...”

Ons lewe in ‘n tyd waar dit as ‘swak’ beskou word as ons vra vir hulp, daarom sê ons nie meer “Help my” nie. Die wêreld sê dat ons moet eerder dit self uitsorteer, en as jy dit regtig nie self kan doen nie, los dit eerder.

As ons afhanklik is van iets of iemand, is dit simpel om te sê, “Ek wil met jou praat.” Ons praat in elk geval nie meer baie met mekaar nie, want daar is nou iets soos Facebook, Twitter, en Mxit. Party sal selfs eerder op Cyberspace ‘chat’ as van om ‘face to face’ met iemand te praat...'


Vicki

No comments: