Tuesday, May 31, 2011

Finesse Meisie Ultimate Boek: 'Luister Luister Wie Daar Fluister'

Onthou jy nog die Finesse Meisie tydskrifte wat vir 'n ruk verskyn het in winkels ooral in Suid Afrika? Dit was vir so 'n jaar oppie rakke, en toe het dit net opgehou nadat die Finesse Meisie 2009 Dagboek verskyn het.

Daar was 2 artikels van my geplaas in die Finesse Meisie uitgawes ('Debat oor Bullies' & 'Luister Luister Wie Daar Fluister'), asook 9 dagstukkies van my geplaas in die Finesse Meisie 2009 Dagboek.

Finesse Meisie het hierdie jaar besluit om 'n Finesse Meisie - Die Ultimate Boek vry te stel. Dit lyk baie soos die tydskrifte wat hulle altyd gehad het, maar hierdie keer is dit net 'n eenmaal boek & 'n collection van al die vorige tydskrifte wat jare gelede verskyn het.

My een artikel, 'Luister Luister Wie Daar Fluister', is daarin gepubliseer (bl. 55).

Die boek kos ongeveer R79.00 by verskeie winkels, en as jy dit aanlyn bestel, kry jy afslag.

Meer inligting oor die boek: http://www.voelgoedwinkel.co.za/index.php?p[IGcms_nodes][IGcms_nodesUID]=24535963be6a55359b9d61fe97f24025&proid=1732

Vicki

No comments: