Wednesday, May 25, 2011

Oranje Hoerskool Vooruit Koerant: 'Mej. Brawe Doof Suid-Afrika...'

Magdel Mans, 'n leerling by Oranje Hoerskool (BFN), het verlede jaar 'n onderhoud met my gevoer nadat ek by hul skool opgetree het. Die artikel was in hul koerant, Vooruit, geplaas (November 2010).

Hier is die artikel:

# Jou 5 beste skoonheidswenke?
Drink, drink, drink en drink baie water!! Dit is die enigste en BESTE skoonheids-geheim wat ek kan verklap…

# Hoe pak jy meisiewees aan?
Dit verg baie dapperheid! Dit is nie altyd maklik of lekker nie, maar soos wat jy ouer word (ek is nou 21), besef jy al hoe meer wat ‘n voorreg dit is. Ons meisies is mos dan slimmer as die seuns, of hoe…?

# Watter rol speel Jesus in jou lewe?
Hy is my Held. ‘n Held is iemand wat jou lewe red, en dan is jy vir ewig dankbaar aan daardie persoon… Toe ek 14 jaar oud was, was ek geskiet deur die skouer. Ek het begin vrae vra, soos ‘Wie is ek?’ en ‘Wat is my doel oppie aarde?’ Daardie vrae het my na die Here toe gelei.

# Hoe dink jy maak jy 'n verskil?
Ek tree op as motiverende spreekster by skole, funksies en geleenthede. Ek skryf gereeld vir www.LIGnet.co.za en ek het my eie rubriek in Ditsem Vrystaat koerant, Voorentoe Met Vicki. Ek is ook besig om my biografie neer te pen (dit gaan meer soos ‘n memoir wees).

# Wie is jou rolmodel en hoekom?
Ek het nie ‘n spesifieke rolmodel nie, want ek strewe om net myself te wees. Ek glo altyd dat elkeen van ons was gebore om oorspronklik te wees, nie ‘n kopiee van iemand anders nie! Wees net jouself – dit is die beste jy wat jy kan wees!

Voltooi...

# Ek skop my skoene uit en... speel met my kat, Ally.

# Ek lees op die oomblik... Facing The Giants deur Max Lucado. Dit is die BESTE boek ooit!

# Facebook of mxit is... koel! Maar moenie verslaaf raak nie. Daar is ‘n lewe buite cyberspace…

# My handsak het altyd... Labello, water, Blackberry Bold, kontant, bestuurslesensie (jip, ek het my eie karretjie!) en my klein Bybel.

# Ek luister na my hart... net wanneer dit in lyn is met die Woord van God.

# Ek luister na my kop... want dit is vol idees en inspirasie! Ek het altyd ‘n nota boekie naby om alles neer te skryf…

# Jou favourite quote en hoekom? ‘Dapperheid is nie ‘n geskenk nie, dit is ‘n keuse.’

"Moenie net lewe nie... bewe!! Moenie net oorleef nie... dans asof jy vir ewig die energie gaan he!"


Vicki

No comments: