Friday, May 20, 2011

Vredendal Jeugweeg: Uitnodiging

Ek het 'n lieflike epos & uitnodiging gekry vandag:

Ek is Chante van der Walt - 'n Kohin Jeugwerker te Laerskool Vredendal. Ons is die Kohin werkers van die omgewing. Ons is voltyds in 'n skool en ondersteun die leerders in verskillende areas veral emotioneel.

Ek het - kom ons noem dit 'n kort weergawe van jou lewensverhaal - gelees in Chilli Lipstiek 2. Dit het my werklik aangegryp veral toe ek sien dat dit 'n ware verhaal is. Ek het toe bietjie meer oor jou begin navorsing doen en ook jou blog besoek. Ek het ook 'n wyle gelede op die LIGnetblad afgekom en toe eers later besef dat jy daar ook skryf. Jou lewe en die wyse waarop jy dinge hanteer is vir my 'n inspirasie. Baie dankie vir jou boodskap wat jy uitdra!

Ek wil juis by jou hoor of jy reeds iets aan het op Jeugdag (16 Junie 2011). Ons beplan 'n Youth Conference hier aan die weskus in Vredendal. As jy kan sal dit awesome wees! En wil sommer kyk of ons 'n paar sprekers kan kry om met ons iets te kom share. Ek het toe aan jou gedink en gewonder of jy dalk sal belangstel en of jy daardie tyd either die 16de of die 17de oop het om ons te kom help?


Sal jou laat weet sodra so iets in die pyplyn is!

Vicki

No comments: