Monday, June 13, 2011

SA Horseman: 'Geval, Gerol & Opgestaan'

My nuutse artikel vir SA Horseman is klaargeskryf & gestuur! Dit gaan in die Julie/Augustus uitgawe verskyn.

Hier is 'n proeiseltjie van die artikel:

Daar word gesê dat nadat ‘n mens drie keer van ‘n perd afgeval het, sal dit nooit weer met jou gebeur nie... Ek is nie heeltemal seker of ons dit moet beskou as die egte waarheid nie. Dit was nog altyd my persoonlike missie om statistieke – selfs mense en hul eie opinies – verkeerd te bewys. Hier is twee voorbeelde: Met ballet kon ek nie die klank hoor nie, maar ek het ‘uitstekend’ gevaar met die eksamen. Met drama het ek internasionaal teen horendes gekompeteer al was daar gesê dat ek nie eers sou kon leer praat nie...

Daar is altyd ‘n eerste keer vir alles, en ek glo dat die ‘status quo’ is daar om jou in die gesig te staar en te vra, ‘Wat gaan jy doen omtrent jou uitdaging?’ Dit is nie daar om vir jou te sê wat jy nie kan doen nie. Dit is eintlik daar om jou te motiveer om ander verkeerd te bewys. Verras die wêreld en dan sal jy besef net hoe groot jy eintlik kan droom...

Die eerste keer toe ek van ‘n perd afgeval het, was ek skoon verras. Dit het my heelwat onkant betrap. My ballet agtergrond het vir my ‘n goeie balans en statuur gegee. Maar hierdie keer het dit nie gehelp nie. Toe ek arriveer vir my perdry les het my afrigter vol selfvertroue aangekondig, “Vandag gaan jy leer hoe om sonder ‘n saal, op ‘n perd te ry!”


Vicki

No comments: