Friday, June 10, 2011

Wereld Bloedskenkdag: Uitnodiging

Ek het die volgende uitnodiging gekry van die vormalige Mev. Bloemfontein en nuutse Mrs United Nation 2011:

I.S. Wêreld Bloedskenkdag 14 Junie 2011 Mimosa Mall 10:00 – 18:00

“BE A HERO... IT’S IN YOUR BLOOD!

Hiermee wil ek jou graag namens die Suid Afrikaanse Bloedbank uitnooi om die publiek van Bloemfontein te kom inspireer deur te kom bloedskenk op Dinsdag 14 Junie 2011 in die Atrium van Mimosa Mall. OFM gee media dekking en talle uitstallers is ook daar bv. Cansa, wat hand aan hand saamwerk met SANBS. Sien ook asb die aangehegte inligtingstuk.

“PAINTING THE WORLD RED”
KOM ONS VERF BLOEMFONTEIN ROOI!

Kom kuier enige tyd tussen 10:00 en 18:00 en word bederf met ‘n heerlike nek massering en verversings. As naalde nie jou “ding” is nie, moedig dan die publiek aan om ‘n verskil te maak.

DRA ROOI OP 14 JUNIE EN KOM RED ‘N LEWE!

MEER BLOED = MEER LEWE

HOOP OM JOU DAAR TE SIEN / DARE TO BE THERE

Vriendelike groete
Lianda Hurter


Ek sal dit ongelukkig nie kan bywoon nie weens my vol skedule. Die 1ste Julie 2011 vlieg ek na Praag om deel te neem aan die Mej. Dowe Wereld, wat beteken daar is net nog 3 weke oor om alles in orde te kry.

Vicki

1 comment:

uhooi said...

Very nice this blog!
visit our blog at http://uhooi.blogspot.com/