Monday, September 12, 2011

Ditsem Vrystaat: 'Mej Dowe SA Na Praag'

In die Julie 2011 uitgawe van Ditsem Vrystaat was daar 'n kort berig geplaas oor my vertrek na die Mej Dowe Wereld wat in Praag plaasgevind het.

Om die artikel op Ditsem Vrystaat se website te lees:
http://www.ditsem.net/berig.php?id=22

Hier is die artikel met die foto:

Vicki Fourie, voormalige Mej. Dowe Suid Afrika 2009/2010 en Bloemfonteiner, neem vanaf 1 – 11 Julie 2011 te Praag deel aan die Mej. Dowe Wêreldkompetisie teen 43 meisies verteenwoordigend van hul onderskeie lande. Dit is die 11de jaar wat die Mej. Dowe Wêreldkompetisie plaasvind.

Vicki het verlede jaar 'n oefenlopie gehad toe sy aan die Mej. Dowe Internasionaal 2010 in Las Vegas deelgeneem het. Sy is gekroon as 2de prinses, maar nadat die wenner later gediskwalifeseer is, het Vicki 1ste prinses geword.

Vicki se chaperone en ma, Bonita, vergesél haar na Praag.


Vicki

No comments: