Monday, September 12, 2011

Volksblad: 'Diep Lekker Dae Op Prieska'

Willem van der Berg het geskryf oor sy kuiertjie in Prieska & ek word 'n paar keer genoem! Copy & paste die volgende link in jou search bar om te lees waar word daar oor my geskryf:

http://www.volksblad.com/NoordKaap/Nuus/Diep-lekker-dae-op-Prieska-20110911

Hier is die stukkies waar ek genoem word:

Daarom was dit wonderlik om eergisteraand in Hoërskool Prieska se skoolsaal te sit tussen al sy inwoners. Die skool en VLV het die geselligheid gereël en vir Vicki Fourie, voormalige mej. Doof Suid-Afrika, genooi om die mense toe te spreek.

Dit was warm in die saal. Die Noord-Kaapse son het hom gebak deur die dag. ’n Swaeltjie het die hele tyd bo-oor ons gesirkel. Die tafels was opgemaak met blomme en lappe en strikke en dit het soos ’n plaastroue gelyk. Daar was fout met die klankstelsel en die geselligheid het ’n uur laat begin. Van die tannies het hul cupcakes op die tafel, wat eintlik nagereg was, begin eet.

’n Jong vrou het die geleentheid afgeskop met sang terwyl vrouens in hulle trourokke tot op die verhoog gestap het. Toe het Vicki gepraat. Vroue het gehuil en hul hande op hulle mans se skouers gesit.

Nadat Vicki gepraat het, het die skoolhoof, mnr. Nick Hand, die tafelgebed gedoen. Nie sommer so opsê-enetjie nie. ’n Ordentlike, mooi gebed: “Dankie Here dat ons kan weet dat U hier teenwoordig is. Dat U ons gasheer is.”

Toe het Kaptein span die seile begin speel en die kos is bedien.

Die atmosfeer in die saal was diep lekker...


Vicki

No comments: