Monday, November 14, 2011

JIP: 'Twaalfde jeugberaad bring inspirasie'

Ek het 'n ou link gekry op JIP se website. Hulle het 'n kort berig geskryf oor my optrede by Sentraal se Jeugberaad in Julie 2011. Hier is die artikel:

"Omring jou met mense wat nog groter droom as jy, want hulle sal jou altyd help op jou pad na sukses," was Vicki Fourie, Mej. Dowe Suid-Afrika 2009-'10, se boodskap aan leerders wat die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein se jaarlikse jeugberaad bygewoon het.

Vanjaar se tema, Vision Transition, wou leerders inspireer om met visie 'n doelgerigte lewe, gevul met kragtige, positiewe denke en gesindhede, te leef.

Die jeugberaad staan lankal nie meer in sy kinderskoene nie en dis die 12de jaar wat dit aangebied word.

In samewerking met die Noordwes-universiteit (NWU) kom 300 leerders (hoërskool en laerskool) van regoor die Vrystaat hierheen.

Leerders was opgewonde om Sibusiso Vilane te ontmoet. Hy het al die sewe hoogste pieke ter wêreld, onder meer die berg Everest en Kilimandjaro, baasgeraak. Hy is ook die eerste Suid-Afrikaner "wat na die Suidpool gestap het". Met sy indrukwekkende prestasies het hy leerders aangemoedig om hard te werk - want dan kan hulle enigiets bereik.


Hier is die direkte link na die artikel & foto:
http://www.jip.co.za/nuus/Twaalfde-jeugberaad-bring-inspirasie

Vicki

No comments: