Friday, January 13, 2012

Impact Radio: Moontlike Onderhoud

Ek gaan die 22ste Januarie 2012 optree by NG Familiekerk Eldoraigne. Daar is 'n moontlikheid dat Impact Radio 'n onderhoud met my sal voer die 23ste. Ek hou julle op hoogtes!

Hier is die positiewe uitnodiging wat ek vanaf Impact Radio se Sales Consultant ontvang het vanoggend:

Ek is in CRC in Pretoria en werk tans by Impact Radio. Ek het jou artikel in die Devoted tydskrif gelees en was regtig baie geïnspireer deur die wonderlike voorbeeld wat jy vir mense reg oor die land stel.
Impact Radio is ‘n Christelike radiostasie hier in Pretoria en een van die grootste gemeenskaps radiostasies in Gauteng met ‘n gemiddeld van 60 000 luisteraars en ek wou sommer by jou hoor of jy dalk sal belang stel om eendag ‘n onderhoud op ons radio te doen as jy weer in Pretoria is.
Dit sal vir ons ‘n voorreg wees om jou hier te hê en ek is oortuig daarvan dat ons luisteraars baie inspirasie van jou getuienis sal ontvang.


Vicki

No comments: