Monday, February 20, 2012

My Mag: ''n Kosbare Hartjie'


In die nuutse uitgawe van My Mag (Feb 2012), is my artikel ''n Kosbare Hartjie' gepubliseer op bl. 58.

Hier is 'n proeiseltjie van die artikel:

“Jou standarde is veels te hoog! Hoe kan ‘n mens bybly...?”

“Jy sal nooit ‘n ou kan kry met al daardie verwagtinge nie...”

“Wie dink jy is jy? Die koning se dogter?”

Om eerlik te wees: Ja, ek is die Koning se dogter. En Hy heers nie net oor Suid Afrika nie, maar regoor die wêreld. Hy regeer oor die springbokke en die pandas. Hy het nie bodyguards nodig nie want Hy is sterker as Ali en slimmer as die Microsoft outjies.
Hy het jare terug Iemand gestuur op ‘n Top Secret Mission: om my te red. Op die ou end het Hy doodgegaan gaan vir my (om die Top Secret files te lees, gaan kry die Bybel. ‘n Hint: Dit is iewers in die Nuwe Testament).
Natuurlik is ek Sy prinses. Ek behoort aan niemand anders nie. Ek het my hart aan Hom gegee, en Hy bêre dit in ‘n pienk kissie in ‘n far-far-away planeet in outer space – ‘n plek waar nie eers Niel Armstrong op kan loop om die Amerikaans vlag te establish nie...


Lekker lees!

Vicki

No comments: