Friday, February 10, 2012

Volksblad: 'Gewese Mej Dowe SA Spreek Vroue Toe'

In vandag se Volksblad (Vrydag 10 Februarie 2012) is daar 'n kort berig & foto van my optrede in Hertzogville die 7de Februarie.

Hier is die foto & kort berig:

'Gewese Mej Dowe SA Spreek Vroue Toe'
Volksblad Berig - Vrydag 10 Februarie 2012.
'Die gewese Mej Dowe SA van Bloemfontein, Vicki Fourie (22), was 'n gasspreker op 'n glansteeparty wat deur die vrouediens van die NG Kerk Hertzogville aangebied is. Vicki se boodskap aan die sowat 90 vrouens op die teeparty was dat dapperheid nie 'n geskenk is nie. 'Dit gaan nie oor hoe ver 'n mens val nie, maar hoe vinnig jy weer kan opstaan.'


'n Spesiale dankie aan Emelda von Caues.

Vicki

No comments: