Thursday, March 29, 2012

Passi: Voorblad Meisie

Kan jy nog onthou toe ek teruggekom het Bloem toe na my kroning as Mej Dowe SA? Passi tydskrif het my toe genader gevra dat ek op die voorblad van hul volgende uitgawe moes verskyn het.

Ek het toe Johannesburg toe gegaan in Januarie 2010, en 'n fotosessie saam met Merwelene van der Merwe gedoen. (Die foto hierbo is een van hulle)

Die tydskrif was oppad om geprint te word, en toe het hulle toegemaak. My hart was stukkend gewees - dit sou my heel eerste voorblad-storie gewees het. En die fotos was dan asemrowend gewees!

Raai wat? Terwyl ek in Israel was (verlede week) het ek 'n SMS ontvang vanaf Passi, waar hulle laat weet het dat hulle weer gaan oopmaak, en dat hulle my weer op die voorblad wil plaas! Saam met daardie fotos!

Dit het nou alles eintlik so mooi uitgewerk. Dis als te danke aan die Here dat alles so in plek geval het.

Die eerste nuwe uitgawe van Passi gaan in Junie 2012 bekendgestel word. Ek hou julle op hoogtes!

Vicki

No comments: