Friday, March 30, 2012

Viva la Vicki! Vormalige Mej Dowe SA Se Verhaal

Ek het my eie ISBN nr! Kan dit nie glo nie! As 12-jarige het ek Saterdae by die bibleoteek gewerk & gewonder of ek eendag my eie ISBN nr sou hê... My droom het nou realiteit geword!
Kliek op die link om na my uitgewers se bladsy toe te gaan - daar is meer info oor my boek, asook wat dit kos. O ja, en koop asseblief my boek ;-)

http://www.naledibooks.co.za/content/viva-la-vicki#comment-132

'Vicki is ’n moderne Viking! Soos die TV-karak­tertjie wat telkens in moei­like omstandig­hede ’n oplos­sing be­­reik, het hier­die jong vrou elke nuwe uitda­ging wat die lewe voor haar kom neersit het, beskou as net nog ’n hekkie waaroor sy moes kom. Haar geloof in God, gekoppel met ’n geestelike taaiheid waarop ’n ratel trots sou wees, het van elke struikelblok ’n geleentheid gemaak. Natuurlik was daar tye dat sy mismoedig was – en daaroor is sy pynlik eerlik in hierdie boek – maar telkens het sy krag ontvang om weer op te staan en te lewe! Sy leef elke dag voluit en nooi lesers uit om hulle eie gawes raak te sien, uit te leef en ten spyte van donker dae te besef: die lewe is mooi – leef voluit! Al het Vicki ongeveer 97% gehoorverlies, het sy van kleins-af geleer hoe om soos ’n horende te praat, asook om lip­lees te bemeester...'

'n Groot dankie aan Joline Scheepers vir die ongelooflike fotos.

'n Spesiale dankie aan Talisha Blignaut Forster vir die pragtige make up & hare.

Dankie dankie aan my uitgewers, Naledi Boeke. Julle het in my geglo van die begin af! Wat 'n voorreg om my eerste boek by julle te kon druk!

Vicki

No comments: