Saturday, April 14, 2012

Die Hoorn: KKNK Berig

Ek het in Die Hoorn verskyn - Oudtshoorn se plaaslike koerant! Dankie Jean-Mari Jonck dat jy my laat weet het ;-) Dit was heerlik om jou te ontmoet by die KKNK.

Die link na die foto & artikel:http://www.diehoorn.co.za/2012/04/12/7468/#respond

Een van die mees inspirerende besoekers aan vanjaar se Absa KKNK was Vicki Fourie, wat in 2009 gekroon is tot Mej Dowe Suid-Afrika. Vicki het haar eerste boek, Viva la Vicki!, by die Absa KKNK bekend gestel. Sy was ook die eerste prinses in die Mej Dowe Internasionaal 2010-kompetisie. Vicki is 'n gewilde motiveringspreker en veral in aanvraag by skole. In haar boek, wat handel oor haar lewe vandat haar ouers gehoor het sy is doof toe sy twee jaar oud was, gee sy ook baie raad aan tieners en jongmense oor hoe om struikelblokke te bowe te kom. Hier is Vicki tydens 'n onderhoud oor haar nuwe boek in die eetkamer van die CP Nel Museum.

Vicki

No comments: