Wednesday, July 11, 2012

Vryfees: Draaitafel Met Die Kunste

Is jy by die Vryfees? Donderdag 18h00 is ek 'n eregas by 'Draaitafel Met Die Kunste'! R180 pp, kos & wyn ingesluit. Kom kuier saam! Hier is meer info: ’n Geleentheid wat geen boek- of teatermens durf mis nie. ’n Onthaal waar 10 persone per tafel aansit van wie twee skrywers/akteurs sal wees. Die gaste ruil tafels ná elke gereg en kry so die geleentheid om met 20 skrywers/akteurs te gesels. Bekendes soos Deon Meyer, Kerneels Breytenbach, Wilna Adriaanse en Ivan Vladislavic sal die gesprekke laat vloei. Kategorie: Reza de Wet-tienertoneelfees Prys: R180 (kos & wyn ingesluit) Tydsduur: 2h30min Ouderdom en taal: Plek: Eksamenlokaal 4

No comments: