Friday, September 21, 2012

MyMag Facebook Wall: Vicki Groet Bloem!

Vicki Fourie – voormalige Mej Dowe Suid Afrika 2009 en Mej Dowe Internasionaal 2010 1ste Prinses - woon al die laaste 7 jaar in Bloemfontein, maar sy is besig om weer terug te verhuis na die Kaap toe. Vicki is van plan om BA Tale & Kultuur ...by die Stellenbosch Universiteit te studeer, en sy is baie opgewonde daaroor. "Ek sien so uit na die Kaap, en al die verassings wat daar vir my wag, maar ek is ook hartseer om Bloemfontein te groet. Hierdie dorp het my ongelooflik ondersteun deur die jare en ek sal dit vir altyd onthou en dit in my hart bêre", sê Vicki. Haar groot droom is om in die fliekbedryf betrokke raak en die feit dat sy naby Kaapstad gaan wees gaan dit makliker maak. "Ek wil graag as draaiboekskryfster en aktrise die Suid-Afrikaanse fliekbedryf bevorder. Ons land het eintlik soveel fantastiese stories om te vertel en ek wil daarmee woeker!’ Vicki se ouers verhuis ook na die Kaap waar hulle betrokke wil wees in die bediening. Vicki is nog net hier in Bloem tot einde Oktober 2012 vir haar laaste paar funksies. Sy doen ook op die oomblik gratis boeklesings by skole in Bloemfontein. "Ek het alreeds soveel positiewe terugvoering gekry op my boek Viva la Vicki! Dit is ongelooflik om te sien hoe raak dit die lewens aan van mense op alle ouderdomme. Dit maak my net nog meer opgewonde om aan te hou skryf!" Om vir Vicki te nooi vir ‘n boeklesing na jou skool, kerk of boekklub, kontak haar so gou as moontlik: vickifourie@yahoo.com.

No comments: