Wednesday, January 9, 2013

LIGnet: Die Einde

Ek het die volgende epos ontvang vanoggend - LIGnet gaan toemaak, wat beteken ek gaan nie meer een van hul skrywers wees nie. Ek is baie hartseer daaroor, maar soos met elke einde is daar 'n splinternuwe begin. Dankie aan LIGnet vir die voorreg wat ek gehad het om te kon skryf vir julle! Hier is die amptelike boodskap: LIG gaan binnekort ‘n nuwe era tegemoet. Na intensiewe marknavorsing kry ons ‘n nuwe baadjie. Dit beteken dat ons vanaf Maart ‘n jonger mark gaan teiken – ouers met jong kinders in die huis. Ons fokus dus nie meer hoofsaaklik op ouers met tieners nie. Dit het meegebring dat ons die moeilike besluit moes neem om LIGnet te staak. Vanaf einde Januarie 2013 sal LIGnet dus nie meer op Facebook of op die internet bestaan nie. Ek wil vir jou dankie sê vir elke goeie bydrae wat jy gemaak het tot LIGnet. Vir elke goed-deurdagte skryfstuk waaraan jy gewerk het. Ek weet dat die honderde mense wat maandeliks op LIGnet gaan kuier het, gebaat het by jou werk.

No comments: