Monday, March 4, 2013

Rapport MyTyd: 'Kinders Van Stilte'

Groot nuus!! Ek - saam met Antoinette Louw (sien foto) en Zane Meas (7de Laan se Neville) - gaan in Julie 2013 by die Vryfees 'n produksie doen - Kinders Van Stilte (Children Of A Lesser God).

Antoinette was gister die voorblad-storie van Rapport se myTYD, en sy het ook vertel van haar Deon Meyer fliek - Die Laaste Tango - wat in Junie 2013 gaan begin wys. Kan nie wag nie!

Hier is die stukkie in die artikel waar Antoinette vertel van Kinders Van Stilte:

'Antoinette het ook Children of a Lesser God, die fliek wat die dowe Marlee Matlin destyds ’n ster gemaak het teenoor William Hurt, in Afrikaans vertaal as Kinders van die stilte*, en as sy nog ’n bietjie geld kan kry, gaan dit by die Vryfees in Julie in Bloemfontein op die planke wees. Haar medespelers is Zane Meas en Vicki Fourie, ’n voormalige Mej. Dowe SA, en vyf ander spelers wat gehoorgestrem is.

“Ag, ek is ongelooflik opgewonde oor dié produksie. Dis ’n stuk wat belangrike kwessies aanspreek. Dit gaan gehoorgestremde spelers bemagtig, én die gehoor.”'

*As jy Kinders van die stilte wil borg, kontak Antoinette by antoinette99@gmail.com

Die volle artikel: http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/Bossiekop-Blues-20130228

No comments: