Friday, March 15, 2013

Rentia Meyer: Ontmoeting

Ek het gister die wonderlike voorreg gehad om vir Rentia Meyer te kon ontmoet in Stellenbosch - sy is ‘n 10-jarige pragtige jong dame van Stellenbosch Laerskool. Sy is ook in die nuutse SPAR advertensie (hulle het haar gehelp met die fondse van haar eie kogleêre inplanting). Ek het ook vir haar ‘n getekende kopie van my boek gegee (sy hou baie van lees en sy het dit sommer dadelik begin lees nadat ek daar weg was!).

Toe ons moes groet, het sy vir my ‘n koevert uitgehaal met ‘n R100 noot. Dieselfde week wat sy gehoor het ek wil ‘n kogleere inplanting kry, het sy die redenaarskompetisie gewen by haar skool. Sy het toe dadelik gesê sy wil daardie geld gee vir my, want baie mense het geld gegee vir haar kogleêre inplantings, en dit het gemaak dat sy kon leer praat en selfs deelneem aan 'n redenaarskompetisie.

(Rentia het ook emails gestuur vir almal wat sy ken om te vra of hulle 'n donasie sal gee ten bate van my fondsinsameling.)

Haar ma het per epos vir my gese, ‘Sy was regtig geraak omdat jou lewe haar so geïnspireer het van die dag af dat jy by hulle skool kom praat het.’

Toe ek die koevert ontvang het, het ek soos ‘n miljoener gevoel! Die manier waarop Rentia dit vir my gegee het, was met soveel liefde daarby, dat ek oorweldig gevoel het. Ek het haar styf vas gedruk. Dit is ‘n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.

Sy maak my lewe ryker omdat ek haar nou ken.

Ek is ook nou sommer opgewonde oor my eie kogleere inplanting! Kort net nog ‘n paar Rande, dan gaan ek hospitaal toe! Laat weet my asb of jy belangstel om my finansiël te ondersteun.

Dankie vir jou liefde, Rentia!

No comments: