Wednesday, March 20, 2013

SARIE: 'Hoe’t Jy Gevoel... Toe Jy Hoor Jy Kry ‘n Kogleêre Inplanting?'

In die nuutse uitgawe van SARIE tydskrif is daar 'n kort artikel oor my kogleêre inplanting fondsinsameling. Lees bladsy 73 van hierdie April 2013 uitgawe.

Hier is 'n foto van die artikel:

Hoe’t Jy Gevoel . . . Toe Jy Hoor Jy Kry ‘n Kogleêre Inplanting?

Vicki Fourie (23), Mej Dowe SA vir 2009 en eerste prinses in Mej Dowe Internasionaal 2010, gaan later vanjaar, wanneer sy genoeg geld (sowat R198 000) ingesamel het, kry sy ‘n kogleêre inplanting in haar regteroor by die Tygerberg Hospitaal in Belville. Sy het as ses maand oue baba koors gehad en haar ouers, Gerhard en Bonita, albei pastore, het eers op twee agtergekom sy is doof, vermoedelik weens dié koors.Vicki het slegs drie present gehoor sonder gehoorapparate. Met haar huidige gehoorapparate het sy sowat veertig present gehoor. Met die kogleêre inplanting sal sy sowat tagtig persent gehoor hê. . .

''Die inplanting is deel van my reis om my lewensgehalte te verbeter. Ek sal hopelik daarna op die telefoon kan praat, radio kan luister, gesprekke in groot groepe beter kan volg. Op die oomblik maak ek op liplees staat. Ek sal aksente beter wil verstaan. Dit sal wonderlik wees om musiek beter te kan hoor en selfs na ‘n iPod te luister!Ná die operasie moet ek drie weke lank herstel. Dán eers word die apparaat in my oor aangeskakel en aanvanklik sag gestel. Soos wat ek gewoond raak aan die vreende klanke, word dit harder gestel en leer die oudioloog die nuwe klanke vir my.Dit kan maande duur. Maar ek is optimisties en ‘n vasbyter en glo ek sal dit bemeester. ‘Ek weet jy kan!’ is die tema van my motiveringspraatjies wat ek gereeld by laerskole lewer. Ek vertel kinders hoe ek as dowe kind selfs ballet gedoen het. Doofheid het my geleer die wêreld skuld jou niks. Ons is almal survivors. Party mense bejammer hulself, maar hou op kla. Die lewe is ‘n geskenk, selfs al het jy die een of ander gestremdheid of omstandighede wat nie altyd so rooskleurig is nie.God het my daardie insig gegee. Dít is ook ‘n sentrale tema in my outobiografie Viva la Vicki (Naledi,R149,99) waarvan 1000 boeke reeds verkoop is. Ek droom daarvan om nóg boeke (fiksie) te skryf, ‘n TV-aanbieder, aktrise en model te wees. Op die oomblik is ek ook besig met die Engelse vertaling van my outobiografie wat middel 2013 uitgereik word. En ek hoop om later ook ‘n kogleêre oorplanting in my linkeroor te kry.'' —Marguerite van Wyk

No comments: