Thursday, March 7, 2013

VLV Kongress: 'Vicki in Vic-Wes'



Ek was 'n gasspreker by die VLV Kongress se jaarlikse byeenkomste in Victoria Wes in Februarie 2013. Hul amptelike webtuiste het 'n berig daaroor geplaas, met fotos by.

Die VLV tak is elke jaar betrokke by die plaaslike skouprogram. Hierdie jaar was dit weer so. Vrydagmiddag is ‘n handwerksessie aangebied, waar dames geleer het hoe om Victoriaanse drukwerk te doen. Elke dame het ‘n stuk materiaal ontvang en kon na hartelus eksperimenteer. Die eindproduk kan in ‘n kussing of servet omskep word.


Soos altyd is daar die Saterdag ‘n kuieroggend aangebied. Die jaar was ‘n voormalige Dowe Mej SA, Vicki Fourie, ons gas. Alhoewel Vicki gehoorverlies het, is sy van kleins af geleer om soos ‘n horende te praat. Sy het ‘n baie inspirerende praatjie gelewer. Met haar lewensverhaal as agtergrond, het sy vertel dat ‘n mens vrese kan oorwin as jy aan God vashou.

Vicki is iemand wat hou van uitdagings en daarvan gaan sy genoeg kry in 2013. Sy is die jaar ingeskryf as BA student aan die Universiteit van Stellenbosch en as alles goed verloop, gaan sy ook ‘n kogliêre inplanting ontvang. Met laasgenoemde kan haar gehoor heelwat verbeter.

Vicki het ook reeds ‘n boek geskryf, nl. “Viva la Vicki!”

Vicki Fourie teken haar boek vir een van die gaste tydens haar optrede by Vic-Wes skou.


No comments: