Wednesday, April 17, 2013

Victoria Wes: Foto

Kyk net hierdie foto - Elize Perrin het dit vir my uit Victoria Wes gestuur. Ek het daar opgetree in die begin van die jaar, en 'n paar Passi tydskrifte daar gelos (ek is op die voorblad).

Die boodskap wat Elize daarby gestuur het:

'Die VLV nooi jaarliks die gr. 11 dogters van die twee plaaslike hoërskole na een van ons vergaderings toe. Hierdie jaar het dit op 13 April plaasgeind. Hierdie is 'n foto van die leerders met die tydskrifte wat jy hier vir ons gelaat het. Ek het met hulle oor Selfbeeld gesels en sommer kortliks ietsie oor jou oor vertel. Nou kan jy self sien hoe handig die tydskrifte te pas kom!'

No comments: