Saturday, May 18, 2013

Eikestadnuus: 'Spesiale Kuier'

Die 16de Mei het Stellenbosch se plaaslike koerant - Eikestadnuus - 'n baie oulike foto & berig geplaas oor my & Rentia Meyer se eerste ontmoeting 'n rukkie terug.

Hier is die oulike berig:

'SPESIALE KUIER TUSSEN S'BOSCH-LEERLING & DOWE SKOONHEID'
Rentia Meyer, 'n leerling van Laerskool Stellenbosch, het onlangs 'n spesiale middag saam met Mej Dowe Suid-Afrika, Vicki Fourie, in die Katjiepiering-restaurant gehad.
Die ontmoeting het gekom nadat Rentia vir Vicki 'n Facebook-boodskap gestuur het om haar te vertel watter groot rolmodel sy is.
Rentia self is doof gebore, maar het in 2004 'n kogleere inplanting gekry. Eikestadnuus het al telkemale oor haar berig.
Vicki is ook 'n kandidaat vir 'n kogleere inplanting en sal dit by die Tygerberg-hospitaal laat doen.
Rentia het tydens hul kuiertjie 'n R100 vir Vicki se inplanting geskenk.

No comments: