Wednesday, May 8, 2013

Paarl: Toringkerk Jeugbediening

Dankie vir gisteraand, Toringkerk se Tienerbediening! Julle was omtrent 300+ jongmense gewees.Vir eens was ek bly ek is nie so 'n groot naam soos Justin Bieber nie - dan sou julle my nog meer oorstroom en oorweldig met met groepsfotos na die tyd. Whew!

Het ook die ongelooflike voorreg gehad om Straatligkinders se musiekvideo waarin ek verskyn - te kon gespeel het vir die gehoor.

Dit was lekker om weer in Paarl op te tree. Ek kom dalk gou-gou weer terug! Het 'n paar nuwe uitnodigings gekry gisteraand om ook by die Paarl skole te kom optree. Watch this space  :)