Saturday, May 4, 2013

Vryfees 2103: Boekie @ R10 elk

Kyk net hoe spoggerig! Koop jou eie Vryfees 2013 Program vir R10 by Computicket se toonbanke (Mimosa Mall/Loch Logan) of op hul website.

Kinders van Stilte
Kategorie: Toneel - Drama
Prys: R125
Tydsduur: 90min
Ouderdom en taal: 16
Plek: Mango-Wynand Mouton-teater
Taal: Afrikaans
Teks: Mark Medoff, vertaal en verwerk deur Antoinette Louw
Regie: Helani Handt Met Zane Meas, Vicki Fourie, Antoinette Louw, Jason Farao en ander.

Die bekende Children of a lesser god in Afrikaans . . . ’n Aweregse spraakterapeut verloor sy hart op ’n intelligente, maar jong dowe vrou. Dis veiliger om by haar “eie mense” te wees as om die w√™reld te trotseer. Sy weier om te leer praat – dis haar enigste wapen.

(die Nasionale Instituut vir Dowes kry ‘n deel van die opbrengs)

No comments: