Tuesday, August 26, 2014

God Lief My: WEN Een Van 100 Dagstukkies

Ek wil graag 100 getekende kopieë van my Bybeldagboek God lief my! weggee. Ek hoop dat God se lesse ook in ander harte betekenis sal vind.

Niemand is so bekwaam om te praat oor die uitdagings wat dogters daagliks in die gesig staar nie. Vicki Fourie was vir die grootste deel van haar lewe doof.

Wanneer ander kinders saam gekuier het, was sy soekend. Sy wou ook iewers hoort. Vicki weet vandag dat dapperheid dikwels na ’n gawe lyk, maar dat dit eintlik ’n keuse is. Jy kan besluit of jy gaan weghardloop van moeilike omstandighede en of jy dit gaan aangryp en in ’n getuienis verander.
Sy het besluit om uit alles ’n positiewe les te haal. En nou sien sy dat God haar lewe laat sin maak. Hy kan jou slegte of ongewone omstandighede uiteindelik in jou guns laat tel, want Hy is lief vir jóú.

Haar nuwe Bybeldagboek vir dogters is nou beskikbaar. God lief my! help dogters om elke dag te weet dat hulle nie alleen is nie en dat Sy plan vir elkeen uniek is. Sy daag hulle uit om twee minute van elke dag te belê om by Hom te kuier.
Besoek hierdie link, en skryf in vir die kompetisie!
http://voelgoed.co.za/leesfeesvirjougees/god-lief-my

2 comments:

Poppie Oosthuizen said...

Naand Vicky,

Ek het vir jou 'n boodskappie gelaat by voelgoed ivm Worcester se dowes.

Liefde,
Tannie Poppie
xox

VICKI FOURIE said...

Hi tannie Poppie,

Ek kan ongelukkig nie Voelgoed se boodskappe ontvang nie... Carpe Diem Media is die eienaar van daardie webblad.

Stuur gerus die boodskap deur hierdie website.

Groete,
Vicki